Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » National Scouts
National Scouts [boodskap #123117] So, 30 Desember 2018 08:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die National Scouts was 'n eenheid wat tydens die laaste stadium van die Tweede Vryheidsoorlog deur die Britse militêre owerhede in die lewe geroep is. Dit het bestaan uit lede van die Republikeinse magte wat oorgeloop het na die ander kant. Hulle is met groot minagting deur hulle medeburgers bejeën en die woord 'National Scout' het 'n skelwoord geword. Volgens amptelike syfers in Mei 1902 was daar 1,480 lede. Na die oorlog is hulle grotendeels verstoot en 'n aantal van hulle het hulle eie kerk in Transvaal gestig.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nathan, Sir Matthew
Volgende onderwerp: Naudé, Hugo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:47:48 MGT 2024