Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nathan, Dr. Manfred
Nathan, Dr. Manfred [boodskap #123115] So, 30 Desember 2018 08:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Manfred Nathan was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van regs- en ander onderwerpe. Regter van die Inkomstebelastinghof. In 1875 op Hanover, Kaapland, gebore en gaan as jong man in die Republikeinse tyd na die Rand. Nadat hy by 'n koerant werksaam was, kwalifiseer hy as advokaat. Hy word een van die vrugbaarste skrywers oor regsonderwerpe in die land. Hy skryf ook 'n biografie van president Kruger en werke oor die Groot Trek. Dien in verskeie openbare liggame en was waarnemende regter van die Hooggeregshof. Oorlede in 1945.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Natal Witness
Volgende onderwerp: Nathan, Sir Matthew
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:40:19 MGT 2024