Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nasionale Selfmoord van Xhosas
Nasionale Selfmoord van Xhosas [boodskap #123105] So, 30 Desember 2018 08:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Nasionale Selfmoord van die Xhosas het in 1857 in die voormalige Transkei (nou Oos-Kaap) plaasgevind. In 1856 het 'n jong 14-jarige profetes, Nongquase (Nonquase), voorspel dat die dag sou aanbreek wanneer die Britte in hulle land in die see gedryf sou word. Gestorwe hoofmanne sou opstaan, krale sou gevul word met beeste en graankuile met nuwe oeste. Op daardie dag sou die son bloedrooi verrys, lande sou gereed wees vir die oes, siektes sou verdwyn, so ook die ouderdom. Al die blankes en diegene wat bevele van die ander wêreld verontagsaam het, sou deur 'n magtige wind in die see gedryf word. Om hierdie dinge moontlik te maak, sou dit nodig wees om al die vee in besit van die Xhosa-volk dood te maak en om al die graan en groente te vernietig. Ten spyte van die pogings van die Britse owerheid, en dié van die sendelinge, het die verwoesting begin en niks kon hulle stuit nie. Altesaam 200,000 stuks vee is uit die weg geruim. Spesiale krale is gebou vir die beeste wat uit die see sou verrys en hulle is versterk om die voorspelde orkaan te weerstaan. 18 Februarie 1857 was die datum waarop die wonderwerk sou geskied. Toe die Son opkom en daar geen teken van enige wonderwerk was nie, het die Xhosas besef dat hulle gruwelik mislei is. 'n Nagmerrie van hongersnood en wanhoop het op die ganse volk neergedaal. Volgens amptelike syfers het die bevolking van Brits-Kaffrarië tussen 1 Januarie 1857 en 31 Julie 1857 van 104,721 na 37,229 gedaal. Die selfmoord het ook tot lewensverlies in ander gebiede gelei. Groot bedrae geld is vir noodleniging geskenk, maar die militêre mag van die Xhosas was finaal gebreek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Naspers
Volgende onderwerp: Nasionale Toneelorganisasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:50:47 MGT 2024