Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Naspers (Nasionale Pers)
Naspers [boodskap #123104] So, 30 Desember 2018 07:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Naspers (vroeër die Nasionale Pers) is 'n uitgewery wat in 1915 gestig is met die doelstelling om die gebruik van die Afrikaanse taal gewild te maak. Die meeste van die direkteure was leiers van die Nasionale Party. Onder die eerste take was die publikasie van die koerant, Die Burger, onder redaksie van dr. D.F. Malan, en Die Huisgenoot met prof. J.J. Smith as redakteur. Dit het met 'n kapitaal van £30,000 begin en het sedertdien duisende Afrikaanse boeke gepubliseer. Die hoofkantoor is in Kaapstad met takke oor die hele Republiek. Deesdae is dit 'n groot multinasionale mediagroep wat hom toegespits op betaaltelevisie, internet-platforms, drukmedia, boekuitgewery, private onderwys en verwante tegnologiemarkte.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nasionale Party
Volgende onderwerp: Nasionale Selfmoord van Xhosas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:43:09 MGT 2024