Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Nasionale Party (Natte)
Nasionale Party [boodskap #123103] So, 30 Desember 2018 07:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Nasionale Party is in 1913 deur generaal J.B.M. Hertzog gestig nadat hy weggebreek het van generaal Louis Botha se Suid-Afrikaanse Party. Onder generaal Botha is hierdie partynaam vóór Uniewording in die Kaapse Parlement gebruik, maar die Nasionale Party van generaal Hertzog het met 6 lede in die Volksraad begin en na die verkiesing van 1915 tot 27 lede gegroei. In 1924 het Hertzog die 'Pakt' met die Arbeidersparty gesluit en in dieselfde jaar aan bewind gekom. Hierdie Nasionale Party het in 1933 tot niet gegaan toe dit met die huidige Verenigde Party saamgesmelt het. Met die afskeiding van dr. D.F. Malan het dit herleef en in sy nuwe vorm het dit die Suid-Afrikaanse politiek tot 1994 oorheers. Daarna word dit saam met ander partye deel van die Regering van Nasionale Eenheid. Dit is in 1997 deur die Nuwe Nasionale Party van Marthinus van Schalkwyk opgevolg, maar ontbind in 2005.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Nasionale Park
Volgende onderwerp: Naspers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:16:01 MGT 2024