Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Namutoni
Namutoni [boodskap #123093] Sa, 29 Desember 2018 18:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Namutoni is 'n fort wat deur die Duitse owerhede in die noorde van Namibië (Suidwes-Afrika) opgerig is as 'n vesting teen plaaslike stamme. Dit is op die rand van die Etosha-pan geleë en lyk baie na 'n middeleeuse kasteel. Tydens die Herero-opstand van 1904 het 8 man 'n aanslag deur 500 Ovambo's op die fort afgeweer. Dit is in 1915 deur die Suid-Afrikaanse troepe verower. Daarna is dit as polisiepos gebruik. Vandag is dit 'n historiese monument.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Namib
Volgende onderwerp: Nancefield
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:22:52 MGT 2024