Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Namib
Namib [boodskap #123092] Sa, 29 Desember 2018 18:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Namib is 'n woestynstreek langs die kus van Namibiƫ (Suidwes-Afrika). Wissel in breedte van 30 tot 80 myl en bestaan hoofsaaklik uit sandduine waaruit rotsheuwels en gruis hier en daar te voorskyn kom. Die Namib strek, met weinig onderbrekings, byna duisend myl van die grens van Angola tot naby die mond van die Oranjerivier. In die gebied benoorde die Swakoprivier is die duine egter laer en minder aaneenlopend terwyl waterlope hier en daar deurbreek na die see. Ten spyte van sy dorheid is daar in die Namib 'n sekere mate van plantegroei en dierelewe. (Sien Welwitschia Mirabilis.) Die ontdekking van diamante in 1904 in die Namib het gelei tot die stigting van belangrike delwerye in sekere gebiede. Boorgate in riviervalleie lewer by tye aansienlike hoeveelhede water op.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Namaacha
Volgende onderwerp: Namutoni
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:58:03 MGT 2024