Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Murray, Ds. Andrew
Murray, Ds. Andrew [boodskap #123076] Sa, 29 Desember 2018 17:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. Andrew Murray is in 1828 op Graaff-Reinet gebore, seun van ds. Andrew Murray (snr.). Hy is op vroeë leeftyd saam met sy broer, John, na Skotland gestuur om in die teologie te studeer. Hy ontvang in 1845 sy graad op 17 jarige ouderdom aan die Universiteit van Aberdeen. Na verdere opleiding keer hy na Suid-Afrika terug en word predikant in die Nederduitse Gereformeerde gemeente in Bloemfontein. Vir geruime tyd was hy feitlik die enigste predikant in die Oranje-Vrystaat. Sielalleen het hy 'n doeltreffende kerkorganisasie opgebou om die Republiek te dek. In landsake het hy 'n groot rol gespeel, en het gehelp om te protesteer teen die skending van die soewereiniteit in 1854. Na 6 jaar het hy 'n beroep na Worcester, Kaapkolonie, aangeneem waar hy betrokke geraak het in 'n vurige teologiese polemiek wat voortgespruit het uit die beweerde liberale neigings van dss. A.J. Kotze en T. Burgers. Dit het daartoe gelei dat hy 'n reeks boeke geskryf het wat byna tot met sy dood gepubliseer is. Na 'n tyd in Kaapstad, het hy in 1871 na Wellington verhuis. Intussen het hy Moderator geword. Hy het steeds 'n leidende rol in kerksake gespeel en het aansienlike steun verleen aan die stigting van die Hugenote-Kweekskool op Wellington. Hy het 'n groot leserspubliek gehad, veral in Engeland en die Verenigde State, waar die Engelse vertalings van sy boeke vandag nog verkoop word. Hy is in 1917 op byna 90 jarige ouderdom oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Murchison-Reeks
Volgende onderwerp: Murraysburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:48:25 MGT 2024