Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Muller, Dr. Hilgard
Muller, Dr. Hilgard [boodskap #123073] Sa, 29 Desember 2018 17:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Hilgard Muller was Minister van Buitelandse Sake van die Republiek van Suid-Afrika. In 1914 in Potchefstroom, Transvaal, gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding daar, studeer aan die Universiteit van Pretoria en gaan in 1937 na Oxford as 'n Rhodes-beurshouer en word ook 'n 'Rugby Blue'. Nadat hy hom as advokaat bekwaam het, keer hy terug en word senior lektor in Latyn aan die Universiteit van Pretoria. Hy het ook verskeie boeke oor antieke geskiedenis in Afrikaans en Engels geskryf. Hy word in 1951 lid van die stadsraad van Pretoria en van 1953 tot 1955 was hy burgemeester. Hy word L.V. vir Pretoria-Oos, word in 1961 Suid-Afrikaanse Ambassadeur in Londen en Minister van Buitelandse Sake van die Republiek in 1964.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Muller, Generaal Hendrik
Volgende onderwerp: Munnik, Senator George Glaeser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:01:52 MGT 2024