Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Muller, Generaal Hendrik
Muller, Generaal Hendrik [boodskap #123072] Sa, 29 Desember 2018 16:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Hendrik Muller was 'n Boereleier. In 1865 in die Kaapkolonie gebore. Groei op in die Vrystaat en later in Transvaal waar hy in verskeie naturelleveldtogte geveg het. Hy veg in die Tweede Vryheidsoorlog as korporaal in die Boksburgkommando en word tot generaal bevorder vanweë sy uitmuntende wapenfeite. Een van die bekendstes is sy buiting van 'n swaar Britse kanon, die 'Lady Roberts', by Helvetia in Oos-Transvaal. Hy neem deel aan die Vredesonderhandelings by Vereeniging. In later jare was hy direkteur van die Landbank. In 1914 was hy in die Rebellie en ook 'n aantal jare parlementslid. In 1945 in Johannesburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Muisvoël
Volgende onderwerp: Muller, Dr. Hilgard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:17:16 MGT 2024