Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Muizenberg
Muizenberg [boodskap #123069] Sa, 29 Desember 2018 16:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Muizenberg is een van die bekendste Suid-Afrikaanse kusoorde. Die naam is afgelei van Wynand Muys, 'n vroeë amptenaar van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, wat in die omgewing gewoon het. Muisenberg was 'n vissersdorpie wat die eerste keer in 1795 in die nuus gekom het toe 'n skermutseling daar plaasgevind het tussen die Hollanders en die Britse troepe, wat van Simonstad af na Kaapstad opgeruk het. Die vestings het nog tot onlangs naby die terrein van die huidige rolbalbaan bestaan. In 1885 is die spoorlyn na Muizenberg gebou toe sy eintlike ontwikkeling begin het. Die eerste pawiljoen is omstreeks 1905 gebou en in 1928 deur die huidige gebou vervang. Muisenberg is in Valsbaai geleë en 14 myl van Kaapstad af, waarvan dit 'n voorstad is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Muir, Sir Thomas
Volgende onderwerp: Muishond
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:51:43 MGT 2024