Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Muir, Karin Yvette
Muir, Karin Yvette [boodskap #123067] Sa, 29 Desember 2018 16:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Karin Yvette Muir was 'n Suid-Afrikaanse kampioenswemster en op 'n tyd die jongste wêreldrekordhouer in die sportwêreld. Karin is in 1953 in Kimberley gebore waar sy as skooldogter alle plaaslike swemrekords geslaan het. In 1966 word sy op 13 jarige ouderdom die houer van drie rugslagwêreldrekords vir vroue: die 110 tree, 220 tree en 200 meter. Op 1 Maart 1966 verbeter sy haar eie wêreldrekord vir die 110 tree met 0,3 sekondes deur die afstand in 68 sekondes af te lê; op 18 Augustus 1966 stel sy in Lincoln, Nebraska, 'n nuwe wêreldrekord op vir die 200 meter rugslag deur 'n tyd van 2 minute 26,4 sekondes te behaal en op 25 Augustus 1966 stel sy in Vancouver, Kanada, 'n nuwe wêreldrekord op vir die 220 tree rugslag in 2 minute 28,2 sekondes.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mufulira
Volgende onderwerp: Muir, Sir Thomas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:45:35 MGT 2024