Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mount Darwin
Mount Darwin [boodskap #123053] Sa, 29 Desember 2018 15:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mount Darwin is 'n berg in die noorde van Zimbabwe (Rhodesië), so genoem deur die jagter, F.C. Selous, ter ere van die natuurkundige, Charles Darwin. Dit is tot 4,850 voet hoog. Daar naby is 'n dorpsgebied en 'n administratiewe sentrum met dieselfde naam waar die magistraat gestasioneer is. Mount Darwin was kort na die Eerste Wêreldoorlog in die wêreldnuus toe gevind is dat 'n plaaslike hoofman, 'n toordokter en ander 'n mens geoffer het om 'n droogte te breek. Swaar reëns het op die moord van die slagoffer gevolg, maar diegene wat daarvoor verantwoordelik was, is swaar gestraf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mount Ayliff
Volgende onderwerp: Mount Edgecombe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:43:50 MGT 2024