Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mosselbaai
Mosselbaai [boodskap #123049] Sa, 29 Desember 2018 15:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mosselbaai is 'n hawe en kusoord tussen Kaapstad en Port Elizabeth. Portugese seevaarders, onder andere Bartholomeus Dias en Vasco da Gama, het daar aangedoen en in 1500 het Pedro d'Ataide aan wal gestap en 'n nota oor sy besoek in 'n oeroue melkhoutboom gelaat. Vandag is dit 'n Nasionale Monument. Die huidige dorp is in 1848 gestig; die distrik was Mosselbaai, maar die nedersetting is Aliwal-Suid genoem ter ere van 'n vorige oorwinning van sir Harry Smith in Indië. Later is dit na Mosselbaai verander. Nywerhede sluit inmaak, verfvervaardiging, ens. in. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 14,500 (5,500 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mosjesj-Dag
Volgende onderwerp: Mosselrivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:23:42 MGT 2024