Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mosjesj
Mosjesj [boodskap #123047] Sa, 29 Desember 2018 15:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mosjesj was die opperhoof en stigter van die Basoetovolk. Seun van Mokachane. Laat in die jare 1790 naby die dorpie Butha-Buthe in Noord-Lesotho gebore. Met sy besondere bekwaamheid en takt het hy die steun van vlugtelinge van baie ander stamme verkry, (sien Basoeto). Nadat hy hom in 1832 op die kruin van Thaba Bosigo gevestig het, het hy die Franse sendelinge wat die volgende jaar daar aangekom het, hartlik verwelkom, maar het self nooit tot die Christendom bekeer geraak nie. Deur hom af en toe aan 'n oënskynlike oorweldigende mag te onderwerp en geleidelik sy gesag te herstel, het hy daarin geslaag om homself teen sowel die Britte as die Boere te handhaaf. Hy het in 1865 selfs daarin geslaag om 'n finale stormloop op Thaba Bosigo deur die magte van die Oranje-Vrystaat af te weer. Hy het prestige onder sowel blank as nie-blank geniet en is in 1870 oorlede as een van die grootste manne wat die Bantoestamme nóg opgelewer het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mosenthal Brothers
Volgende onderwerp: Mosjesj-Dag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:44:03 MGT 2024