Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mosenthal Brothers
Mosenthal Brothers [boodskap #123046] Sa, 29 Desember 2018 15:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mosenthal Brothers was 'n Suid-Afrikaanse handelshuis. Gestig deur Adolph Mosenthal en sy broer, Joseph, wat in 1839 na Suid-Afrika gekom het en hulle onderneming in Graaff-Reinet geopen het. Later is takke en filiaalmaatskappye in Port Elizabeth, Oos-Londen en in baie ander plekke gestig. As gevolg van hulle verbintenis met Cecil John Rhodes en ander toonaangewende persoonlikhede, het die Mosenthalmaatskappy 'n belangrike rol gespeel in die beginstadium van die diamantbedryf van Kimberley, en die goudveld van die Rand. Die maatskappy dryf hoofsaaklik handel in produkte en baie ander vertakkinge van die handel. In 1965 het dit saamgesmelt met J.W. Jagger & Co.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mosbolletjies
Volgende onderwerp: Mosjesj
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:06:19 MGT 2024