Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mosambiek
Mosambiek [boodskap #123042] Sa, 29 Desember 2018 14:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mosambiek is 'n onafhanklike staat, vroeër bekend as Portugees-Oos-Afrika. Dié belangrike en ryk land beslaan 771,000 vk. kilometers (297,654 vierkante myl). Dit strek van 10de tot 26ste breedtegraad suid en wissel in breedte van 50 myl naby Lourengo Marques tot 718 myl by sy breedste punt. Die belangrikste nie-blanke rasse behoort aan die Tongagroep, wat besuide die Saverivier woon, terwyl die Kranga-groep tussen die Save- en die Zambesirivier woon. Die Njanja bewoon die noordwestelike deel van Mosambiek. Die vernaamste riviere is die Zambezi, wat omtrent 600 myl ver deur die Provinsie vloei, die Limpopo, die Pungwe, die Rovuma, die Maputa, die Incomati, die Lurio en die Licungo. Die hoogste punt die Binga-piek in die Chimanimanireeks op die Zimbabwiese (Rhodesiese) grens, wat nagenoeg 7,600 voet hoog is. Mosambiek is verdeel in 12 provinsies: Cabo Delgado, Gaza, Inhambane, Manica, Maputo (die hoofstad), Maputo (provinsie), Nampula, Niassa, Sofala, Tete en Zambezia.

Onder die vernaamste mineraleprodukte is steenkool, wat naby Tete by Moatize voorkom; goud, aangetref in dieselfde gebied en naby Vila de Manica; grafiet, radio-aktiewe minerale en bauxiet (aluminiumerts). Prospekteerdery vir petroleum is reeds jare lank aan die gang. Suiker is een van die vernaamste landbouprodukte veral by die Sena-landgoed aan die Zambezi. Mosambiek het ook die grootste klapperplantasie in die wêreld. Katoen, tee, koffie, rys en rubber word daar gekweek. Daar bestaan 'n groot vrugte-uitvoer na die Republiek, veral piesangs. Die spoorlyn gaan van Maputo (Lourenço Marques) na Pretoria, en ook na Zimbabwe (Rhodesië). Daar is ook 'n lyn van Beira na Umtali en heelparty korter lyne van kleiner hawens af. Lugrederye en skeepvaartdienste lewer dienste na die meeste belangrike sentrums.

MOSAMBIEK - JAARTALLETABEL
1498 - Vasco da Gama, op pad terug van Indië, besoek Inhambane en Quelimane, en land op 1 Maart in Mosambiek.
1500 - Stigting van Quelimane.
1502 - Vasco da Gama besoek Sofala.
1505 - Portugese fort by Sofala gebou.
1507 - Fort deur die Portugese op Mosambiekeiland gebou.
1515 - Antonio Fernandez verken die huidige Rhodesië.
1530 - Dorp Sena langs die Zambezi gestig.
1544 - Eerste verskansings naby die huidige terrein van Lourenço Marques (nou Maputo) gebou.
1545 - Stigting van die dorp Tete.
1561 - Marteldood van Gonsalo da Silveira in die huidige Zimbabwe (Rhodesië).
1569 - Ekspedisie om Silveira se dood te wreek gelei deur Francisco Baretto. Doop van die koning van die Monomotapa.
1629 - Verdrag tussen die Portugese en Monomotapa.
1721 - Poging deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie om 'n handelspos in Lourenço Marques op te rig.
1752 - Administrasie van Mosambiek geskei van dié van Portugees-Indië.
1771 - Poging deur die Oostenrykse Asiatiese Kompanjie om 'n kolonie onder 'n Engelsman, kolonel William Bolt by Delagoabaai te stig.
1781 - Fort by Lourenço Marques gebou en die eerste goewerneur is aangestel.
1798 - Dr. F.J. de Lacerda verken die binneland van Mosambiek.
1802-1811 - Pedro Baptista en Amaro José reis van Angola na Mosambiek.
1822 - Kaptein W.F.W. Owen doen opmetings, annekseer Delagoabaai.
1875 - Arbitrasie tussen Brittanje en Portugal deur MacMahon, Delagoabaai word aan Portugal toegeken. Eerste poging om spoorlyn van Lourenço Marques na Transvaal te bou.
1888 - Begin met bou van spoorlyn tussen Lourenço Marques en Pretoria.
1895 - Opening van spoorlyn van Lourenço Marques na Pretoria.
1897 - Lourenço Marques word hoofstad van Mosambiek in plek van die dorp Mosambiek.
1898 - Spoorlyn van Beira na Umtali voltooi.
1909 - Mosambiek-konvensie met Transvaal onderteken.
1927 - Portugese Marconi-maatskappy stig radiostasie.
1928 - Kontrak van die Nyasaland Company verval.
1933 - Uitsendings begin uit Lourenço Marques.
1942 - Kontrak van Mosambiek-maatskappy verval.
1943 - Portugees Oos-Afrika word in vier distrikte verdeel.
1946 - Aartsbiskop van Lourenço Marques verhoog tot Kardinaal.
1948 - Telefoondiens geopen van Beira tot Rhodesië. Prospekteerkontrak tussen regering en Mozambique Gulf Oil Co.
1950 - Marshall-hulp vir Beira-uitbreiding. Konvensie tussen Portugal en Brittanje oor die hawe van Beira.
1950 - Nuwe hawe by Nacala, 50 myl besuide Mosambiek, geopen.
1951 - Staatsbesoek deur Goewerneur-generaal van Mosambiek aan Zimbabwe (Rhodesië). Minerale-opname van Mosambiek met Amerikaanse hulp - 62,000 vk. myl.
1952 - Begin met die produksie van uraanerts. Telefoonkoppeling, Njassaland na Beira.
1953 - Mosambiek word 'n provinsie van Portugal.
1954 - Spoorlyn van Zimbabwe (Rhodesië) na Lourenço Marques geopen.
1961 - Portugese burgerskap word toegeken aan alle inwoners van oorsese provinsies.
1962 - Geleidelike afskaffing van doeaneheffings op goedere uit Portugal.
1964 - President Tomaz van Portugal besoek Mosambiek.
1975 - Mosambiek word onafhanklik van Portugal met Samora Machel as eerste (nie-verkose) president. Mosambiek word tot die VN toegelaat.
1990 - Huidige grondwet word aanvaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mos
Volgende onderwerp: Mosambiek (stad)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:20:15 MGT 2024