Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Morice, George Thomas
Morice, George Thomas [boodskap #123036] Sa, 29 Desember 2018 10:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Thomas Morice was 'n Suid-Afrikaanse regter. Op 18 September 1858 in Aberdeen, Skotland, gebore en ontvang opleiding aan die Universiteite van Aberdeen en Oxford. In 1883 word hy tot die Middle Temple toegelaat en na 'n besoek aan Holland kom hy in 1884 in Pretoria praktiseer. In 1890 word hy aangestel as 'n regter van die Transvaalse Hooggeregshof. Na die Tweede Vryheidsoorlog het hy in Pretoria gepraktiseer en senior advokaat geword. Hy het verskeie poste behartig, onder meer president van die Swazilandse Hof en president van die Inkomstebelastinghof. Op 1 November 1930 in Johannesburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Morgenzon
Volgende onderwerp: Morija
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:03:51 MGT 2024