Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Morawiese Broeders
Morawiese Broeders [boodskap #123031] Sa, 29 Desember 2018 10:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Morawiese Broeders was 'n Duitse sending-organisasie, in 1722 in Herrnhut, Sakse (onder beskerming van die godsdienstige graaf Zinzindorf) gestig. Hulle het as gevolg van godsdienstige vervolging geëmigreer en die nog bestaande konstitusie in 1727 aangeneem. Afgesien van hulle werk in Europa, het hulle gou sendingstasies oorsee gestig en in 1737 by die Kaap begin. George Schmidt, een van die broeders, wat die naam 'Die Apostel van die Hottentotte' gekry het, het Genadendal gestig. Ander stasies het gevolg, wat ook Mamre, naby Malmesbury, insluit.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mopanieboom
Volgende onderwerp: Morenga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:20:23 MGT 2024