Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moore, Sir Leopold Frank
Moore, Sir Leopold Frank [boodskap #123028] Sa, 29 Desember 2018 10:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Leopold Frank Moore was 'n Noord-Rhodesiese pionier en joernalis. In 1868 in Londen gebore. Hy bekwaam hom as apteker en in 1892 sluit hy aan by die firma, Lennon, in Kaapstad. Later verhuis hy na Bulawayo. Hy het die invoer van Sjinese na Suid-Rhodesië (vandag Zimbabwe) voorgestel. In 1904 is hy na Noord-Rhodesië (later Zambië) en begin as apteker op 'The Old Drift' voorloper van die dorp Livingstone. In 1906 stig hy die Livingstone Mail. Hy word in 1918 verkies tot die Adviesraad vir Noord-Rhodesië en in 1924 tot die Wetgewende Raad. Oorlede in 1945.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moorddrift
Volgende onderwerp: Moorreesburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:07:49 MGT 2024