Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moor, Sir Frederick Robert
Moor, Sir Frederick Robert [boodskap #123026] Sa, 29 Desember 2018 10:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Frederick Robert Moor was die Eerste Minister van Natal. In 1853 gebore en ontvang opleiding aan Hermannsburg Sendingskool, Natal. Op 19-jarige ouderdom gaan hy as delwer na Kimberley waar hy verkies word tot die Mynbouraad. In 1880 vestig hy hom as boer in Natal en in 1886 word hy vir die eerste keer verkies tot die Wetgewende Vergadering waarin hy gedien het tot Uniewording. Van 1893 tot 1897 was hy Minister van Naturellesake en weer van 1899 tot 1906. Van 1906 tot Uniewording was hy Eerste Minister. In die eerste Unie-kabinet was hy Minister van Handel en Nywerheid en het in 1920 in die Senaat gedien. Op 18 Maart 1927 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moolman
Volgende onderwerp: Moorddrift
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:31:52 MGT 2024