Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moodie-Trek
Moodie-Trek [boodskap #123023] Sa, 29 Desember 2018 10:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Moodie-Trek verwys na die trek van Suid-Afrikaanse setlaars na Rhodesië (nou Zimbabwe) onder leiding van Thomas Moodie, seun van James Moodie, wat hom in die Vrystaat gevestig het.

Geïnspireer deur sy neef, Dunbar Moodie, wat saam met die Pioniers na Masjonaland gegaan het en wat in die Penhalonga-vallei gedelf het, het hy besluit om 'n groep Boere en hulle gesinne per ossewa na die vrugbare oostelike distrik, nou bekend as Melsetter, te bring. Die trek het op 5 Mei 1892 by Bethlehem, O.V.S., begin en is na 1,000 myl van groot gevaar en ontberings 8 maande later voltooi. Die trekkers het die dorp, Chipinga, gestig waar hulle afstammelinge vandag nog woon. Thomas Moodie is in 1894 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moodie, George Pigot
Volgende onderwerp: Mooirivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:50:22 MGT 2024