Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moodie, George Pigot
Moodie, George Pigot [boodskap #123022] Sa, 29 Desember 2018 10:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Pigot Moodie was 'n mynboupionier van Transvaal. Tweede seun van luitenant Donald Moodie. Hy is op 22 Januarie 1829 op Grahamstad gebore en bekwaam hom as landmeter. Hy het na die binneland verhuis en was Landmeter-generaal van Transvaal van 1881 tot 1884. Tydens sy verblyf daar, het hy goud in Oos-Transvaal ontdek en die beroemde Moodie-Konsessie verkry waaruit baie van Barberton se rykdom later voortgespruit het. Hy het in Kaapstad afgetree en is op 2 November 1891 op Westbrooke, naby Rondebosch, oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moodie, Duncan Campbell Francis
Volgende onderwerp: Moodie-Trek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:40:51 MGT 2024