Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moodie, Duncan Campbell Francis
Moodie, Duncan Campbell Francis [boodskap #123021] Sa, 29 Desember 2018 10:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Duncan Campbell Francis Moodie was 'n Suid-Afrikaanse digter en historikus. Seun van luitenant Donald Moodie. Op 24 Januarie 1838 in Kaapstad gebore. Sy belangstelling in geskiedenis het reeds begin toe hy sy vader gehelp het met die opstel van sy Record. Gedurende die jare 1870 is hy na Australië waar hy hom in Adelaide gevestig het. Daar het hy 'n koerant gepubliseer en ook poësie en geskiedenis geskryf. Sy beroemdste werk was die History of the Battles and Adventures of the British, the Boers and the Zulus in Southem Africa; in twee dele, gewoonlik na verwys as History of the Battles. Dit het oorspronklik in Sydney verskyn, is later in die Kaap herdruk en is vandag skaars. Dit bevat 'n massa stof wat nie maklik elders gevind kan word nie. D.C.F. Moodie is in Maart 1891 op see oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moodie, Luitenant Donald
Volgende onderwerp: Moodie, George Pigot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:34:46 MGT 2024