Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moodie, Luitenant Donald
Moodie, Luitenant Donald [boodskap #123018] Sa, 29 Desember 2018 08:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Luitenant Donald Moodie was 'n Suid-Afrikaanse historikus. Op 25 Junie 1794 in Skotland gebore. Hy sluit in 1808 aan by die Britse Vloot en veg deur die Napoleontiese Oorloë in die Middellandse See en elders. Hy tree in 1816 af met die rang van luitenant en emigreer in 1820 na die Kaap waar hy by sy broers, Benjamin en John aansluit. Nadat sy boerderypogings misluk het, sluit hy aan by die Kaapse Koloniale Staatsdiens en was 'n tyd lank aan die hoof van die Cape of Good Hope Bank. Van 1845 tot 1849 was hy Koloniale Sekretaris van Natal en in 1857 Speaker van die Wetgewende Vergadering in Pietermaritzburg. Die eer kom hom toe dat hy die eerste ernstige pogings aangewend het om vroeë Kaapse argiefstukke te publiseer en te bewaar. In dié verband het hy 'n reeks, The Record, uitgegee. Dit is nou uiters skaars, en bevat herdrukke uit die dae van Jan van Riebeeck. The Record, hoewel nooit voltooi nie, word nog beskou as 'n klassieke werk in sy soort. Donald Moodie was verantwoordelik vir verskeie ander seldsame, vroeë historiese pamflette, sommige waarvan in Natal uitgegee is. Hy is op 27 Augustus 1861 naby Pietermaritzburg oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moodie, Kaptein Benjamin
Volgende onderwerp: Moodie, Duncan Campbell Francis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:46:15 MGT 2024