Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moodie, Kaptein Benjamin
Moodie, Kaptein Benjamin [boodskap #123017] Sa, 29 Desember 2018 08:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaptein Benjamin Moodie was 'n Suid-Afrikaanse pionier en soldaat. In 1789 in Melsetter in die Orkney-eilande, Skotland, gebore. Hy lewer diens in die Ross and Caithness Militia en nadat hy sy familie-eiendom verloor het, besluit hy om 200 Skotse emigrante na die Kaap te bring. Bygestaan deur die Britse regering, het die geselskap in 1817 aangekom; driekwart van hulle was werktuigkundiges en die res arbeiders. Moodie het aan elk £20 passaatgeld betaal. Die meeste van hulle het gou werk in Kaapstad en elders gevind, terwyl Moodie homself op die plaas Grootvadersbosch, naby Swellendam, gevestig het. Na die aankoms van die 1820-Setlaars het hy 'n tyd lank aan die Oosgrens deurgebring, maar vanweë die onsekere toestande het hy na sy landgoed teruggekeer. Oorlede op 2 April 1856.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moochi
Volgende onderwerp: Moodie, Luitenant Donald
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:48:38 MGT 2024