Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Monypenny, William Flavelle
Monypenny, William Flavelle [boodskap #123014] Sa, 29 Desember 2018 08:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
William Flavelle Monypenny was 'n Ierse joernalis. Naby Armagh gebore en word van 1891 tot 1893 medewerker van die Spectator en assistant-redakteur van die Londense Times van 1894 tot 1899. In Februarie 1899 word hy aangestel as redakteur van die Star in Johannesburg. Kort na sy aankoms is hy te lyf gegaan deur die bekende Boere-verkenner, Daniel Theron, wat beswaar gemaak het teen sekere opmerkings wat hy oor Boerevroue gemaak het. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het hy aangesluit by die Imperial Light Horse en veg hy in die beleg van Ladysmith. Later word hy aangestel as Direkteur van Burgerlike Voorrade onder die Militêre Goewerneur van Johannesburg. Toe die Star in 1902 heropen, was hy weer redakteur, maar in 1903 bedank hy aangesien hy nie saamgestem het met die koerant se steun aan die invoer van Sjinese arbeid nie. Oorlede 1912.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mont-Aux-Sources
Volgende onderwerp: Monze
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:01:50 MGT 2024