Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Montagu, John
Montagu, John [boodskap #123012] Sa, 29 Desember 2018 08:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Montagu was die Koloniale Sekretaris van die Kaap die Goeie Hoop. In 1797 gebore. Hy het op 17-jarige ouderdom by die leër aangesluit en in die slag van Waterloo geveg. In 1843 het Montagu koloniale sekretaris van die Kaapkolonie geword. Een van sy eerste suksesse was die herorganisasie van die Kolonie se geldsake en die vereffening van sy openbare skuld, gevolg deur hervormings in die bandietarbeidstelsel, in die voorsiening van gesondheidsdienste en hospitale en veral in die verbeterde paaie waarvan die land se vervoer hoofsaaklik afhanklik was. Hy het ook baie bygedra tot die stigting van skole en die verbetering van die administrasie van die howe. Tydens die Anti-Bandietebeweging van 1849 het hy heelwat vyandskap verduur, maar het gevind dat sy sienswyse inslag gevind het. Hy is in 1852 oorlede. Sy naam word gedenk in die beroemde Montagu-pas, waarvoor hy verantwoordelik was, asook in die dorp, Montagu, Kaapland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Montagu
Volgende onderwerp: Mont-Aux-Sources
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:32:56 MGT 2024