Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Monckton-Kommissie
Monckton-Kommissie [boodskap #123008] Sa, 29 Desember 2018 08:17
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Monckton-Kommissie is in 1959 deur die Britse regering aangestel onder voorsitterskap van lord Monckton met verteenwoordigers van baie Statebondslande, om die grondwetlike posisie van die Federasie van Sentraal-Afrika te ondersoek. Sy verslag is op 11 Oktober 1960 vrygestel. In sy aanbevelings is in die algemeen 'n losser struktuur vir die Federasie voorgestel, insluitende groter verteenwoordiging vir die naturelle-inwoners van Noord-Rhodesië (nou Zambië) en Nyassaland (nou Malawi), asook die verskansing van 'n Wet op Menseregte in die Federale Grondwet, die stigting van 'n staatsraad om diskriminerende wetgewing te voorkom en die vergunning van die reg om na 'n aantal jare as onafhanklike gebiede van die Federasie weg te breek. In Suid-Rhodesië (nou Rhodesië) is 'n Wetgewende Vergadering, bestaande uit 60 lede, in die vooruitsig gestel met gelyke verteenwoordiging vir blank en nie-blank. Die verslag was die voorloper van die ontbinding van die Federasie in 1963.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moma
Volgende onderwerp: Monkey Bay
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:39:23 MGT 2024