Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Molteno, Onder-Admiraal Vincent Barkly
Molteno, Onder-Admiraal Vincent Barkly [boodskap #123006] Sa, 29 Desember 2018 08:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Onder-Admiraal Vincent Barkly Molteno was die seun van die eerste Kaapse Premier, sir J.C. Molteno. In 1872 in Kaapstad gebore en sluit aan by die Britse Vloot. Hy neem in 1893 deel aan die Vitu-ekspedisie in Zanzibar, word in 1913 bevorder tot Vlagkaptein en het gesag gevoer oor verskeie belangrike skepe in die Eerste Wêreldoorlog, insluitend H.M.S. Revenge en King George V. Hy is as Aide-de-Camp vir die Koning aangestel en het in 1926 as Onder-admiraal afgetree. In 1952 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Molteno, Sir John Charles
Volgende onderwerp: Moma
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:52:45 MGT 2024