Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Molteno, Sir John Charles
Molteno, Sir John Charles [boodskap #123005] Sa, 29 Desember 2018 08:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Charles Molteno was die Eerste Premier van die Kaapkolonie. In 1814 in Engeland gebore en beklee sy eerste pos in die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek. In 1837 word hy 'n wolhandelaar in die Karoo, veg in die Oorlog van die Byl in 1846 en gaan voort met sy besigheid tot in 1854 toe hy tot die eerste Kaapse Parlement verkies word. Daar word hy bekend as 'Die Leeu van Beaufort'. 'n Groot kampvegter vir Verantwoordelike Bestuur; word in 1872 aangestel as Eerste Minister. Hy beklee dié pos tot 1878 toe hy bedank het as gevolg van verskille met goewerneur sir Bartle Frere. Hy was van 1881 tot 1882 Koloniale Sekretaris en is in 1886 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Molteno, Sir James Tennant
Volgende onderwerp: Molteno, Onder-Admiraal Vincent Barkly
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:13:59 MGT 2024