Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Molteno
Molteno [boodskap #123003] Sa, 29 Desember 2018 08:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Molteno is 'n dorp in Oos-Kaapland, vroeër bekend vir steenkoolmynbou maar nou vir wol. Die steenkool is in 1859 in die naburige Stormberg gevind. Omdat daar geen ander bronne beskikbaar was nie, het dit goed verkoop, maar toe beter gehalte in Transvaal en Natal op die mark kom, kon dit nie verder meeding nie. Die dorp is in 1884 gestig en na sir John Moiteno, die eerste Premier van die Kaap, vernoem. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 4,377 (864 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Molslang
Volgende onderwerp: Molteno, Sir James Tennant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:00:30 MGT 2024