Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moffat, Robert
Moffat, Robert [boodskap #122998] Sa, 29 Desember 2018 08:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Robert Moffat was 'n Suid-Afrikaanse sendeling. In 1795 in Skotland gebore. Hy sluit in 1816 aan by die Londense Sendinggenootskap en word deur hulle na Namakwaland gestuur. Sy eerste groot sukses as sendeling was die bekering van die hoofman, Afrikaner. In 1820 vestig Moffat hom op Lattakoo maar toe hy besef dat sy stasie waarskynlik verwoes sou word, verhuis hy in 1824 na Griekwastad. Die volgende jaar is hy na Kuruman waar hy toe gebly het. Een van sy belangrikste take was die vertaling van die Bybel in Tswana - 'n taak wat hy in 1830 voltooi het. Daarna besoek hy Engeland en ontmoet hy David Livingstone wat met sy dogter trou. In 1859 het Moffat na die land van die Matabeles verhuis waar hy die eerste sendingstasie opgerig het. Hy moes dit egter in 1870 laat vaar. In 1883 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moffat, Howard Unwin
Volgende onderwerp: Mohaleshoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:56:35 MGT 2024