Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Moffat, Howard Unwin
Moffat, Howard Unwin [boodskap #122997] Sa, 29 Desember 2018 08:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Howard Unwin Moffat was die Eerste Minister van Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe). Op 13 Januarie 1869 op Kuruman, Betsjoeanaland, gebore, waar sy vader, eerw. J.S. Moffat, swaer van David Livingstone, gestasioneer was. Ontvang skoolopleiding aan St. Andrews' College, Grahamstad en bekwaam homself as myningenieur. Vestig hom in Rhodesië en word lid van die Wetgewende Raad. Met die dood van sir Charles Coghlan in 1927 volg hy hom op as Eerste Minister, - 'n amp wat hy beklee tot 1933. Oorlede in 1951.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Moeti
Volgende onderwerp: Moffat, Robert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:37:22 MGT 2024