Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Milton, Sir William Henry
Milton, Sir William Henry [boodskap #122984] Sa, 29 Desember 2018 07:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir William Henry Milton was die administrateur van Suid-Rhodesië (nou Zimbabwe). In 1854 in Newbury, Berkshire, England gebore, seun van eerw. William Milton. Ontvang opleiding aan Marlborough en sluit in 1878 aan by die Kaapse staatsdiens. In 1885 word hy klerk van die Uitvoerende Raad en in 1891 word hy sekretaris van die Eerste Minister, Cecil John Rhodes. In 1896 is Milton na Suid-Rhodesië verplaas as hoofsekretaris en sekretaris van Naturellesake en was daar tydens die moeilike tydperk van die Matabele-rebellie. Nadat hy in 1897 as Waarnemende Administrateur gedien het, word hy Senior Administrateur in 1898, en volwaardige Administrateur in 1902. Hy het hierdie pos tot 1914 beklee. Oorlede in 1930.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Milnerton
Volgende onderwerp: Milton-skool
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:40:39 MGT 2024