Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Milner, Lord
Milner, Lord [boodskap #122981] Sa, 29 Desember 2018 06:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lord Milner is op 23 Maart 1852 as Alfred Milner in Bonn aan die Ryn gebore. Deels van Duitse afkoms. Hy was 'n besondere bekwame administrateur en word in 1897 aangestel as Goewerneur van die Kaapkolonie. Hy het aan die hoof gestaan van die onderhandelings met president Kruger wat bedoel was om die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog te voorkom. Ongelukkig het sy onversetlike sienswyse in 1899 ter elfde ure gelei tot die ineenstorting van die onderhandelings in Bloemfontein. Na die anneksasie van die twee Boererepublieke is lord Milner in 1901 aangestel as Goewerneur van sowel Transvaal as die Oranjerivierkolonie. Met sy erkenning dat hy die mag van die Afrikaner wou breek deur middel van die invoering van Engelse setlaars, het hy hom die vyandskap van die Boere op die hals gehaal. Die staatsdiens en ander departemente wat hy gestig het, was besonder doeltreffend en hy het ongetwyfeld baie tot die land se ontwikkeling bygedra. Hy het in 1905 na Engeland teruggekeer nadat heelwat oorlogskade herstel is. Tydens die Eerste Wêreldoorlog was lord Milner een van die hooffigure in die Britse kabinet. Oorlede op 13 Mei 1925.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Millin, Sarah Gertrude
Volgende onderwerp: Milner se Kindertuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:46:31 MGT 2024