Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Millin, Sarah Gertrude
Millin, Sarah Gertrude [boodskap #122980] Sa, 29 Desember 2018 06:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sarah Gertrude Millin was 'n Suid-Afrikaanse skryfster. In 1889 in Rusland gebore en kom as jong kind na Suid-Afrika. Haar ouers het hulle naby Barkly-Wes gevestig. Sy het 'n groot deel van haar jeug in Kimberley deurgebring waar sy gou haar letterkundige talent getoon het. Sy begin reeds as jong meisie skryf vir die tydskrif, The State, wat gepubliseer is om die idee van Unie gewild te maak. Haar eerste roman, The Dark River, het in 1920 verskyn en is gevolg deur Middle Class in 1921. Adam's Rest sien in 1922 die lig en The Jordans in 1923. Die boeke wat haar gewild gemaak het, is God's Stepchildren (1924) en Mary Glenn (1925). Baie van haar verhale speel af op die diamantveld en handel oor die kleurprobleem in Suid-Afrika. Haar biografieë was van 'n ander aard, soos die van Cecil John Rhodes (1933) en generaal Smuts (1936). Mev. Millin, wat getrou het met wyle regter Philip Millin, het ook haar eie lewensverhaal (The Night is Long en The Measure of My Days) en 'n omvattende reeks boeke oor die Tweede Wêreldoorlog geskryf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Miller, Majoor Allister MacIntosh
Volgende onderwerp: Milner, Lord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:54:48 MGT 2024