Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Miller, Majoor Allister MacIntosh
Miller, Majoor Allister MacIntosh [boodskap #122979] Sa, 29 Desember 2018 06:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Majoor Allister MacIntosh Miller was 'n Suid-Afrikaanse vlieënier. Op 10 September 1892 in Swaziland gebore en was die eerste blanke wat daar gebore is. Ontvang opleiding aan die South African College in Kaapstad en aan die Universiteit Rhodes. In 1913 gaan hy na Engeland om in ingenieurswese te studeer, maar toe die Eerste Wêreldoorlog uitbreek, het hy by die leër se ruitery aangesluit. In Februarie 1915 het hy oorgeskakel na die Royal Flying Corps, voorganger van die R.A.F., onderskei homself in Frankryk en word bevorder tot vliegkommandeur. Na sy terugkeer na Suid-Afrika, het majoor Miller 'n reeks vlugte deur die Unie uitgevoer om rekrute vir die Royal Flying Corps te werf. Onmiddellik na die oorlog het hy pogings aangewend om met burgerlike lugvaart in Suid-Afrika te begin, maar het met baie moeilikhede te kampe gehad. In 1924 is hy tot die parlement verkies. In 1925 het hy daarin geslaag om die Regering te oorreed om met 'n proefdiens tussen Durban en Kaapstad te begin. Hy sit sy pogings voort om lugvaart te stimuleer en slaag in 1929 daarin om Union Airways te stig, wat op 26 Augustus met 'n vloot van 5 vliegtuie met 'n diens tussen Kaapstad, Durban, Port Elizabeth, Bloemfontein en Johannesburg begin het. Daar was baie geldelike probleme en in 1934 is Union Airways deur die Staat oorgeneem as die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Majoor Miller het in sy later jare baie probleme gehad, maar hy het nooit sy ywerige pogings ten opsigte van lugvaart laat vaar nie. Oorlede op 14 Oktober 1951.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mietjie
Volgende onderwerp: Millin, Sarah Gertrude
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:12:17 MGT 2024