Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Middelmannetjie
Middelmannetjie [boodskap #122977] Sa, 29 Desember 2018 06:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Wa op 'n grondpad.
'n Wa op 'n grondpad.
Middelmannetjie is 'n uitdrukking in die omgangstaal vir 'n strook grasbedekte grond tussen die wielspore in 'n veldpad. 'n Verkeerseiland wat lane van mekaar skei word ook soms 'n middelmannetjie genoem.

Middelmannetjie is ook 'n kinderspeletjie waar twee maatjies (of twee groepe) ‘n bal vir mekaar gooi terwyl ‘n derde in die middel staan. Die middelman probeer om die bal te vang. Sodra hy dit regkry, word die persoon wie se gooi hy onderskep het die middelmannetjie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Middeldrif
Volgende onderwerp: Mietjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:42:05 MGT 2024