Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Middelburg
Middelburg [boodskap #122974] Sa, 29 Desember 2018 05:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Middelburg kan na een van die volgende verwys:

1. Dorp in Kaapland in 1852 gestig en vernoem na 'n dorp in Nederland. Belangrike wol- en algemene boerderysentrum. Die Grootfonteinse Landboukollege is daar naby geleë. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 8,711 (2,179 Blankes).

2. Dorp in Transvaal op die spoorlyn na Maputo (Lourenco Marques). In 1866 gestig onder die naam, Nasaret, en in 1874 na Middelburg herdoop, ook na die Nederlandse stad. Boerderysentrum met steenkoolmyne daar naby. Die eerste pogings tot vredesonderhandelings het in Februarie 1902 tydens die Tweede Vryheidsoorlog daar plaasgevind. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 19,760 (8,000 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Michellspas
Volgende onderwerp: Middeldrif
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:33:41 MGT 2024