Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Michaelis, Sir Max
Michaelis, Sir Max [boodskap #122971] Sa, 29 Desember 2018 05:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Max Michaelis was 'n Suid-Afrikaanse mynmagnaat. In 1860 in Duitsland gebore. Hy kom in 1878 na Kimberley waar hy die diamanthandel betree. Kort daarna word hy vennoot van sir Sigismund Neumann en sluit later aan by die maatskappy, Wemher, Beit & Co. Hy tree af en wy 'n groot deel van sy tyd aan sy belangstelling in die skone kunste. Een van sy weldade was die stigting van die Michaelis-Kunsskool aan die Universiteit van Kaapstad en die stigting van die beroemde Michaelis-versameling. Michaelis het ook ruim skenkings aan die Kunsgalery in Johannesburg gedoen. Op 26 Januarie 1932 in Engeland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Michaelhouse
Volgende onderwerp: Michaelis-Versameling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:27:32 MGT 2024