Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Meyer, Generaal Lucas Johannes
Meyer, Generaal Lucas Johannes [boodskap #122967] Sa, 29 Desember 2018 05:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Lucas Johannes Meyer was 'n Boeresoldaat. In 1846 in die Oranje-Vrystaat gebore, groei in Natal op en vestig hom later in die Suid-Afrikaanse Republiek. Hy was sterk gekant teen die Britse anneksasie van die land. Hy veg in die Majoeba-veldtog in 1880-81. Hy het eers in 1884 op die voorgrond getree deurdat hy bevel gevoer het oor 'n Boerekontingent wat Dinizulu in 'n stamgeveg teen Usibepu gesteun het. In ruil is 'n grondgebied aan die Boere geskenk waarop hulle die Nuwe Republiek gestig het met Meyer as President. Toe dit in 1887 met Transvaal saamgesmelt het, is hy verkies tot die Volksraad. Hy was 'n bevelvoerder van die Boeremagte in die Tweede Vryheidsoorlog, en het die Vrede van Vereeniging in sy hoedanigheid as 'n lid van die Uitvoerende Raad van die Suid-Afrikaanse Republiek onderteken. Op 2 Augustus 1902 is hy tydens 'n besoek aan Europa oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Meyer, Dr. Frederik
Volgende onderwerp: Meyrick Park
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:27:36 MGT 2024