Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Methuen, Generaal Lord (Paul Sanford Methuen)
Methuen, Generaal Lord [boodskap #122964] Sa, 29 Desember 2018 05:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Lord Methuen (Paul Sanford Methuen) was 'n Britse soldaat en Goewerneur van Natal. In 1845 in Somerset, Engeland, gebore. Ontvang opleiding aan Eton en sluit aan by die Scots Guards in 1864. In 1884 was hy in bevel van die eenheid 'Methuen's Horse' tydens sy krygsverrigtinge in Betsjoeanaland. In 1888 word hy bevorder tot Adjunk-Adjudant-generaal in Suid-Afrika. Hy keer terug na Engeland maar met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog word hy in bevel geplaas van die leërkorps se eerste divisie in Suid-Afrika. Generaal Cronje het hom 'n swaar nederlaag toegedien by Magersfontein. In 1902 is hy gewond en by Tweebosch deur generaal Delarey gevange geneem, wat hom met groot ridderlikheid behandel het. Van 1907 tot 1909 was hy opperbevelhebber van die Britse troepe in Suid-Afrika en van 1909 tot Uniewording was hy Goewerneur van Natal. Oorlede in 1932.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Metcalfe, Sir Charles Herbert Theophilus
Volgende onderwerp: Meurant, Louis Henri
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:51:19 MGT 2024