Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Metcalfe, Sir Charles Herbert Theophilus
Metcalfe, Sir Charles Herbert Theophilus [boodskap #122963] Sa, 29 Desember 2018 05:21
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Charles Herbert Theophilus Metcalfe was 'n spoorwegingenieur en Zimbabwiese (Rhodesiese) pionier. In 1853 gebore. Hy sluit aan by die maatskappy van sir Douglas Fox, raadgewende ingenieur vir die B.S.A.-maatskappy en vir Cecil John Rhodes. In hierdie hoedanigheid het hy gehelp met die opmeting en bou van die Rhodesiese spoorlyn, asook die verlenging deur die Kongo. Hy het toesig gehou oor die bou van die brug oor die Victoria-waterval. Hy was ook 'n direkteur van die Rhodesiese Spoorweë en van die Victoria Falls and Transvaal Power Company. In 1928 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Messina
Volgende onderwerp: Methuen, Generaal Lord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:21:51 MGT 2024