Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Messina
Messina [boodskap #122962] Sa, 29 Desember 2018 05:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Messina is 'n myndorp in Noord-Transvaal naby die Limpoporivier. In 1904 gestig ná die ontdekking van groot koperneerslae daar deur kolonel John Grenfell en sy vennote. Die plek se voorspoed hang af van die Messina (Transvaal) Development Company Ltd., wat die grootste kopermyn in die Republiek daar het. Die naam 'Messina' is 'n verbastering van die Bantoewoord, 'Musina', wat 'koper' beteken. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 12,500 (3,500 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Merweville
Volgende onderwerp: Metcalfe, Sir Charles Herbert Theophilus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:03:26 MGT 2024