Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Merriman, John Xavier
Merriman, John Xavier [boodskap #122959] Vr, 28 Desember 2018 20:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Xavier Merriman was 'n Suid-Afrikaanse staatsman en Eerste Minister van die Kaapkolonie. In 1841 in Somerset, Engeland, gebore. Seun van biskop N.J. Merriman van Grahamstad. In 1849 kom hy na Suid-Afrika en bekwaam hom as landmeter. In 1869 tree hy toe tot die politiek en sluit in 1875 aan by die Ministerie van sir John Molteno. Hy dien ook in die Regering van sir Thomas Scanlan en ander premiers as Kommissaris vir Kroongrond van 1875 tot 1878 en van 1881 tot 1884. Hy was 'n tyd lank verbonde aan die mynbou aan die Witwatersrand. Van 1890 tot 1893 was hy Tesourier-generaal en weer van 1898 tot 1900. Hy word in 1896 lid van die Staatsondersoek na die Jameson-inval, en het die verslag opgestel. Van 1908 tot 1910 was hy Eerste Minister en Koloniale Tesourier. In dié tyd was hy ook lid van die Nasionale Konvensie. Na Uniewording was hy 'n private lid van die Unie-parlement, bekend vir sy uitgesprokenheid en fundamentele konserwatisme. Hy was 'n suksesvolle wynboer op Schoongezicht naby Stellenbosch. Hy het van vriend en vyand dwarsdeur die land agting afgedwing. Oorlede op 2 Augustus 1926.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Merriman, Biskop Nathaniel James
Volgende onderwerp: Merrivale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:19:11 MGT 2024