Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Merriman, Biskop Nathaniel James
Merriman, Biskop Nathaniel James [boodskap #122958] Vr, 28 Desember 2018 20:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Biskop Nathaniel James Merriman was 'n Anglikaanse biskop van Grahamstad. In 1811 in Londen gebore. Toe hy tot die bediening toegetree het, het hy eers in Lancashire gewerk waar hy 'n intieme vriend van W.E. Gladstone geword het en later in Street, Somerset, waar sy seun, John X. Merriman gebore is. In 1848 kom hy na die Kaap as Aartsdeken van Grahamstad. 'n Tyd lank het hy sendingwerk gedoen en was dwarsdeur die land bekend vir sy lang staptogte. In die geskil met biskop Colenso het hy hom by biskop Gray geskaar. In 1871 word hy aangestel as biskop van Grahamstad. Hy bly daar tot sy dood in 1882.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Menzies, William
Volgende onderwerp: Merriman, John Xavier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:17:32 MGT 2024