Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mendelssohn, Sydney
Mendelssohn, Sydney [boodskap #122952] Vr, 28 Desember 2018 20:03
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sydney Mendelssohn was 'n Suid-Afri-kaanse boekbeskrywer en boekversamelaar. In 1861 in Bristol gebore, seun van 'n rabbi. Hy kom laat in die jare 1870 as jong man na Kimberley en het 'n fortuin gemaak as hoof van die New Vaal River Diamond Company. Hy begin met die mees uitstaande private boekeversameling oor Suidelike Afrika en stel in 1911 sy beroemde South African Bibliography saam (2 groot boekdele) om Uniewording te gedenk. Dit het besonderhede aangegee van meer as 9,000 boeke oor die subkontinent, en begin by die vroeë Portugese publikasies. Dit bly nog die belangrikste werk in sy soort. Mendelssohn het sy biblioteek (die Mendelssohn-Biblioteek) aan die Unie-parlement nagelaat. Oorlede op 26 September 1917.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Memel
Volgende onderwerp: Mendi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:20:12 MGT 2024