Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Melsetter
Melsetter [boodskap #122949] Vr, 28 Desember 2018 19:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Melsetter is 'n dorpsgebied in die oostelike deel van Zimbabwe (Rhodesiƫ). In 1893 gestig deur Thomas en Dunbar Moodie wat die eerste groep trekkers daarheen geneem het. Die naam is afgelei van die oorspronklike Moodie-landgoed in die Orkney-eilande naby Noord-Skotland. Ten spyte van die land se rykdom en die pragtige bergnatuurskoon in die Chimanimani-reeks, het die plek baie stadig ontwikkel. Boerdery is die belangrikste bedryf en bosbou ontwikkel. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 350 (150 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Meloen
Volgende onderwerp: Melton World
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:29:20 MGT 2024