Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Meintjies, Lourens
Meintjies, Lourens [boodskap #122943] Vr, 28 Desember 2018 19:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Lourens Meintjies was 'n wêreldkampioenfietsryer. Op 9 Junie 1868 op Aberdeen, Kaapland, gebore. Hy kom as fietsryer op die voorgrond toe hy nog in Queenstown op skool was en het op jeugdige ouderdom die meeste Suid-Afrikaanse titels die een na die ander verower. Dit het in 1893 die hoogtepunt bereik met sy verowering van die 100 kilometer fietsrykampioenskap van die wêreld by die Chicago 'World's Fair'. Dit is gevolg deur verskeie ander oorwinnings in ander nommers. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog veg hy as kaptein in die Cape Town Highlanders. Hy het later in Betsjoeanaland gaan boer en is in 1941 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Meester van die Hooggeregshof
Volgende onderwerp: Meiringspoort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:17:48 MGT 2024